Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING
"Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #31758] Vr, 23 Junie 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park
Vir Susan

Ferdi Greyling

Winter het die gras geel gebrand
waar die park lê om ou grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

Vergete op die park se kant
lê geslagte in dié grafte.
Winter het die gras geel gebrand.

Jy sê lewe het min sin, want
nie eens name bly op grafte
en aand kom lê koud op die land.

Wel, die verlede moet eers brand
voor daad kan vloei uit gedagte.
Winter het die gras geel gebrand.

En tyd móét alle lewe brand
en verdroog tot klip op grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

So, sin lê daarin dat jóú hand
Móét krap en breek aan ou grafte.
Winter het die gras geel gebrand
en aand kom lê koud op die land.
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #31771 is 'n antwoord op boodskap #31758] Sa, 24 Junie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Git  is tans af-lyn  Git
Boodskappe: 29
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Junior Lid
Pragtige Werse

....deur Git

*****************
Ooooo,

Winter is vol kuk,
Die gras is groener in die somer,
Die Berge se gat.

Kom pis in die wind,
Laat waai julle ouens,
Die Berge se gat.

Die Ministers minis in die Berge,
Die Osse staan en tjoets in die wind,
Ooo - wat nou, my vriend.

Die land is vol boys,
Hulle will nie werk nie,
Die arme ou boys,
Die luilikke dinge.

Wat sal van ons land bekommer,
Ooo, Oooo, Oooeee!

**********************************

skryf in boodskap news:3953ACB4.1F8D6E27@home.com...
Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park
Vir Susan

Ferdi Greyling

Winter het die gras geel gebrand
waar die park lê om ou grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

Vergete op die park se kant
lê geslagte in dié grafte.
Winter het die gras geel gebrand.

Jy sê lewe het min sin, want
nie eens name bly op grafte
en aand kom lê koud op die land.

Wel, die verlede moet eers brand
voor daad kan vloei uit gedagte.
Winter het die gras geel gebrand.

En tyd móét alle lewe brand
en verdroog tot klip op grafte.
Die aand kom lê koud op die land.

So, sin lê daarin dat jóú hand
Móét krap en breek aan ou grafte.
Winter het die gras geel gebrand
en aand kom lê koud op die land.
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52395 is 'n antwoord op boodskap #31758] Sa, 27 Oktober 2001 06:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Is dit die Bez-park in Johannesburg?

TJ
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52401 is 'n antwoord op boodskap #31758] Sa, 27 Oktober 2001 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TJ wrote:

> Is dit die Bez-park in Johannesburg?
>

Ek neem so aan.

Gloudina
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52449 is 'n antwoord op boodskap #31758] So, 28 Oktober 2001 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Net nou die dag daar deur gestap en die begrafplaas is erg gevandaliseer. 'n
Baie jammer gesig. Stukkie geskiedenis wat verlore gaan ...

TJ
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52459 is 'n antwoord op boodskap #31758] So, 28 Oktober 2001 13:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

TJ wrote:

> Net nou die dag daar deur gestap en die begrafplaas is erg gevandaliseer. 'n
> Baie jammer gesig. Stukkie geskiedenis wat verlore gaan ...
>

Hoe oud is hierdie begrafplaas? Wat is die datums op die graftes? As jy
daardeur kan stap, is dit
seker nie in 'n baie gevaarlike deel van Johannesburg
nie?

Gloudina
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52511 is 'n antwoord op boodskap #52449] Ma, 29 Oktober 2001 09:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Het gesien die begraafplaas in Pretoria lyk ook sleg, veral die ouer
gedeelte.

Deesdae val hulle die mense aan wat besoek af lê en beroof hulle. Ek wil
graag my kinders neem om na die Helde Akker te gaan kyk. Dis gelukkig
redelik oop en na aan die pad.

TJ skryf in boodskap news:3bdba56a$0$239@hades.is.co.za...
> Net nou die dag daar deur gestap en die begrafplaas is erg gevandaliseer. 'n
> Baie jammer gesig. Stukkie geskiedenis wat verlore gaan ...
>
> TJ
>
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52520 is 'n antwoord op boodskap #31758] Ma, 29 Oktober 2001 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Heeltemal veilig - die datums was in die laat 1920's en 30's. Die
plaasopstal (nasionale museum) is in goeie toestand en agter sekuriteits
heining, maar die begraafplaas is 'n hele entjie van die huis en erg
verwaarloos.

Daar is prentjies by http://www.yeoville.co.za/visuals8.htm

TJ
Re: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING [boodskap #52521 is 'n antwoord op boodskap #31758] Ma, 29 Oktober 2001 12:35 Na vorige boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Lees die storie in die prentjie by
http://www.yeoville.co.za/objects/01808048.jpg

Die begrafplaas word genoem in die laaste paragraaf.

TJ
Vorige onderwerp: "2.4" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Kersfees 1999" deur TOAST COETZER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:52:08 MGT 2024